Ondersteuningsdienste Sielkunde
Die skool maak gebruik van die dienste van twee sielkundiges.
Die taak van sielkundiges sluit die volgende in:
- Hantering van aansoeke vir en plasings by Paarl-skool
- Koördinering van die multidissiplinêre span wat leerders evalueer om die vereiste intervensie te bepaal en of plasing gepas is of nie.
- Die verskaffing van emosionele en psigososiale ondersteuning aan leerders
- Psigometriese toetsing
- Ouerleiding
- Die hou van jaarlikse opvolgvergaderings oor leerders se vordering deur middel van spanbesprekings en oueronderhoude
- Telefoniese navrae word beantwoord en besoekers word deur die skool begelei
- Vorm deel van die span wat Paarl-skool as Hulpbronsentrum verteenwoordig deur advies en leiding aan skole, ouers, terapeute en onderwysers te verskaf.

