Ondersteuningsdienste

Ons leerders is bevoorreg om liefde en ondersteuning te ontvang

By Paarl-skool ervaar ons naasteliefde op baie maniere. Ons is ewig dankbaar vir al die hulp wat ons daagliks ontvang.

Ons kry hulp op baie maniere – met skool, terapie, verblyf, die uitdeel van pille op die regte tyd en vervoer en dan is daar altyd 'n ekstra helpende hand wanneer dit die nodigste is.

Ons leerders is bevoorreg om liefde en ondersteuning te ontvang, asook geleenthede om hul potensiaal te bereik.