Personeel & Bestuur Oorsig
Saam maak ons 'n verskil
Die skool bied 'n wye verskeidenheid dienste en het 'n groot aantal personeel in diens wat as 'n multidissiplinêre span funksioneer, bestaande uit onderwysers, fisio-, arbeids- en spraakterapeute, sielkundiges, 'n maatskaplike werker, skoolverpleegsters en leerondersteuningsonderwysers. Saam is hulle verantwoordelik vir die opvoeding en ondersteuning van al die ingeskrewe leerders by Paarl-skool.

