Spraak-, taal- en gehoorterapeute werk met leerders om hul kommunikasie, luistervaardighede en algehele ontwikkelingsbehoeftes te ondersteun. Hulle behandel uitdagings wat verband hou met spraakklanke, die verstaan en gebruik van taal, voeding en sluk, stemgebruik, vlotheid en luistervaardighede. Hulle stel geïndividualiseerde terapieplanne vir leerders saam in samewerking met families, onderwysers en ander professionele persone – alles om leerders te help om die vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het om effektief in hul daaglikse lewe te kommunikeer. Deur vroeë identifikasie en geteikende intervensie speel hulle ’n belangrike rol in leerders se akademiese, sosiale en emosionele ontwikkeling..
Individuele en groepterapie word aangebied waar dit aangedui is, na ’n omvattende multidissiplinêre assessering waarin leerders se behoeftes geïdentifiseer en geprioritiseer word. Verder ondersteun hulle leerders wat vir alternatiewe en/of aanvullende kommunikasiesisteme (AAC) kwalifiseer, deur middel van prentjies of kommunikasietoestelle. Die span doen ook gehoorsifting, en plaas ’n hoë prioriteit op die vroeë identifikasie van moontlike gehoorverlies. Deur kommunikasie-, gehoor- en leeruitdagings proaktief en gesamentlik, aan te spreek, help die span om leerhindernisse te oorkom en te verseker dat alle Paarl-skool leerders toegang tot opvoedkunde het.

