Ondersteuningsdienste Fisioterapie
Hoofdoelwit
Om elke leerder se funksionele deelname aan alledaagse aktiwiteite, klaskameraktiwiteite, speletjies (bv. met vriende, speelgrond, ens.) en sport optimaal te verbeter.
Kandidate vir Fisioterapie
Leerders wat fisiese probleme toon, bv. serebrale verlamming, fisiese hindernisse en sekere leerders met minimale neurologiese disfunksie en ontwikkelingskoördinasieversteuring (bv. balans, koördinasie, konsentrasie, motoriese en/of perseptuele hindernisse).
Terapeutiese intervensie
Terapeutiese intervensie word op die volgende maniere gedoen (’n Kombinasie van behandelingsmodaliteite kan ook gebruik word):
- Individuele sessies (frekwensie word bepaal deur die erns van die disfunksie / hindernisse)
- Groepsessies (Leerders met soortgelyke hindernisse word saamgegroepeer. Maksimum leerders in 'n spesifieke groep = 6)
- Spanwerk: Konsultasies met onderwysers, ander terapeutiese dienste, ouers, koshuispersoneel, ens.
- Skakeling met dokters, bv. ortopediese chirurg, ortotiese/prostetiese spalke en toestelle; of
- Tuis programme

