Vervoer & Koshuis Koshuis
- Paarl-kool het koshuisfasiliteite vir seuns en meisies wat buite ons busroetegebiede woon. Die koshuis is oor naweke gesluit.
- In 'n gestruktureerde studie-omgewing word die leerders ondersteun deur onderwyspersoneel en terapeute. Elke leerder se spesifieke en individuele skolastiese behoeftes word aangespreek. Gedurende sekere studietye kry hulle ook die geleentheid om navorsing te doen, projekte te voltooi en gebruik te maak van multimedia-studiehulpmiddels op rekenaars in die skool se mediasentrum.
- 'n Sorgsame en ondersteunende koshuispersoneel, bestaande uit onderwyspersoneel, koshuismoeders en algemene assistente, sorg vir die leerders se fisiese en emosionele welstand. Drie gebalanseerde maaltye word daagliks in die kombuis voorberei. Toebroodjies is beskikbaar tydens pouses en voor slaaptyd.
- Die koshuis het verskeie ontspanningskamers: 'n TV-kamer en 'n speletjieskamer. Gedurende die somermaande kan leerders hulself in die skool se swembad geniet of op die grasperke en speelgrondapparaat speel. 'n Teerpad strek om die skoolgeboue en koshuis om maklike toegang vir rolstoele te bied.
- Paarl-skool se koshuis bied 'n liefdevolle en sorgsame tuiste vir leerders. Hierdie omgewing, waar fisies en leergestremde kinders saamwoon, bied hulle die geleentheid om karakter en selfbeeld te ontwikkel.

