Ondersteuningsdienste Leerondersteuning
Leerondersteuning
Leerondersteuning bied gespesialiseerde ondersteuning in verskeie kontekste.
Die hoofdoel van leerondersteuning is om leerders met akademiese , spesifieke skolastiese en leer uitdagings te ondersteun.
Leerondersteuning is deel van die multidissiplinêre span en werk nou saam met die klasopvoeders en ander terapeute tydens die evaluasie en intervensie prosesse.
Ondersteuning vind plaas in groepverband, individueel of deur assesseringsakkommodasies en die meegaande gebruik van tegnologie om uitdagings te omseil.
Leerondersteuning volg ‘n holistiese leerbenadering om te verseker dat leerders met waagmoed en selfvertroue hul volle skolastiese potensiaal te behaal.

