Verenigde Christen Studente Vereninging
Die VCSV by Paarl-skool is deel van die kultuur-aktiwiteite. Tans kom sowat 17 leerders bymekaar. Die aktiwiteite wissel van gesels oor onderwerpe van aktuele belang, DVD kyk of sommer lekker koffie drink.
In April het ons vir ‘n naweek by Jonkershoek buite Stellenbosch gekamp. Alle senior leerders was welkom. ‘n Groep van 50 leerders en 30 helpers het ‘n onvergeetlike naweek beleef.
Die VCSV vervul ‘n belangrike rol in Paarl-skool.