n Pretloop word jaarliks deur die personeel gereël, waartydens elke leerling ‘n borgvorm ontvang. Die geld wat so ingesamel word, word vir hulpmiddels soos rekenaars en rolstoele aangewend. Toepaslike afstande word afgelê volgens ouderdom en fisiese vermoë.
Die eerste Pretloop is in 1984 in die omgewing van die skool gehou. Daarna het dit al by Joostenbergvlakte, Jonkershoek en Seepunt plaasgevind. Daar is ook verskeie jare strandlangs vanaf Table View tot by Melkbosstrand gestap.