Die volgende sportsoorte word by Paarl-Skool aangebied en afgerig:
- Atletiek: veld- en baanitems
- Fietsry
- Gholf (Nuut)
- Hokker
- Jukskei
- Matrolbal
- Rolstoelbaldanse
- Rolstoelbasketbal
- Speletjies
- Swem
- Tafeltennis
Die kinders neem deel aan:
- Interskole / Interklubkompetisies
- W.P. Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes
- S.A. Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes
Benewens die skool se interhuisbyeenkoms, neem gestremde atlete van 12 jaar en ouer (wat geklassifiseer is) deel aan ‘n Interskole / Interklub atletiek / fietsrybyeenkoms, en dan op uitnodiging aan die W.P. Kampioenskappe vir Gestremdes. ‘n W.P. span word hierna gekies om deel te neem aan die S.A. Kampioenskappe vir Gestremdes.
Elke jaar ontvang baie van ons atlete medaljes en behaal rekords in atletiek, fietsry en swem by die S.A. Nasionale Kampioenskappe. Ons leerders neem ook deel en presteer op nasionale vlak in sokker, rolstoelbasketbal en rolstoeldanse.
Ons skoolverlaters het sukses behaal deur Suid-Afrika te verteenwoordig in fietsry by die Paralimpiese Spele in 2004 en 2008.