Wat geleer moet word, word hier geleer, en wat voorheen mee 'n bietjie gesukkel is om pad te vat en vol te hou, loop nou weer oor die voorste spoor. Soveel meer as gewone "leer", kry hier sy plek.

Paarl-Skool akkommodeer leerders vanaf 3 jarige ouderdom tot graad 9, ses praktiese klasse en 'n werksvoorbereidingsgroep.

In alle afdelings word dieselfde kurrikulum as in hoofstroom-onderwys gevolg, maar kleiner klasgroepe verseker meer individuele aandag. Onderwysmetodes om spesifieke probleme in lees, spelling, skriftelike take (geletterdheid), handskrif (skryfvaardighede) en wiskunde (syferkundigheid) aan te spreek, word gebruik. Aanpassings / wysigings word dus vir leerders se spesiale onderrigbehoeftes gemaak. ‘n Totalitêre opvoedingsbenadering word nagestreef. ‘n Multidissiplinêre spanbenadering (opvoeders / terapeute / sielkundiges) word gevolg.

Die skool bestaan uit ‘n:



Voorskoolse leerders word in vier (4) klasgroepe (± 12 leerders per klasgroep) geakkommodeer. Junior Middelgroep (3-5 jariges), Preprimêr (5-6 jariges), Voorbereidende Graad 1 (6-7 jariges) en ‘n Engelse groep.

‘n Gekwalifiseerde onderwyseres is verantwoordelik vir elke klasgroep. Sy word bygestaan deur addisionele volwassenes wat klashulp verleen. Die voorgeskrewe departementele onderrig- en opvoedingsprogram vir voorskoolse leerders word gevolg.
 



Die grondslagfase bestaan uit leerders vanaf graad 1 tot graad 3. ‘n Maksimum van 14 leerders word per klas geakkommodeer.

Die klasindeling bestaan uit:
• Een Graad een klas (Afrikaans)
• Een Graad twee klas (Afrikaans)
• Een Graad drie klas (Afrikaans)
• Een Graad een klas (Engels)
• Een Graad twee klas (Engels)
• Een Graad drie klas (Engels)
 

Die klasse word ook bygestaan deur addisionele volwassenes na gelang van die behoefte.

Dié afdeling volg presies dieselfde leerplan as hoofstroom skole.
Baie individuele aandag word aan leerders verleen. Die Hersiene Nasionale Kurrikulum word suksesvol toegepas, maar aanpassings word wel gemaak sodat alle leerders volgens hul spesifieke behoeftes daarby kan baat vind.



Die intermediêre fase bestaan uit leerders vanaf graad 4 tot 6. Hier word ook ‘n maksimum van 15 leerders per klasgroep geakkommodeer.

Die klasgroepe bestaan uit:
• Een Afrikaanse Graad 4 klasgroep
• Een Engelse Graad 4 klasgroep
• Een Afrikaanse Graad 5 klasgroepe
• Een Engelse Graad 5 klasgroep
• Een Afrikaanse Graad 6 klasgroep
• Een Engelse Graad 6 klasgroep
 



Daar is ongeveer 70 leerders in hierdie groep wat in ses (6) klasgroepe ingedeel is.

Afrikaanse en Engelse leerders word sover moontlik in aparte klasse geakkommodeer
• Leerders met ernstige leesprobleme in die laaste twee fases word voorsien van vakinhoud op band.
• Leerders met ernstige skryf- en spelprobleme mag eksamens en toetse aflê deur hul antwoorde vir ‘n amanuensis te dikteer.
• Individuele rekenaars en tikmasjiene word voorsien vir fisies gestremde leerders met motoriese probleme waarop alle “skriftelike” take voltooi word.
 

'n Taallaboratorium is ingerig waar leerders na hul werk op bande kan luister en self vraestelle op band kan beantwoord.



Kriteria vir toelating tot Praktiese Klasse
Leerders wat kognitief sowel as fisies of serebraal gestem is.

Klasgroepe:
Daar is ses klasgroepe waar ouderdomme wissel van 7 - 15 jaar. Tans het ons vier klashulpe. 'n Paar leerders het hulle eie fasiliteerders.

Op 14 jarige ouderdom word daar vir die leerders wat aan die nodige vereistes voldoen, aansoek gedoen om toelating tot skole soos Westcliff en De Grendel.

 
Die meeste leerders word agter oorgeplaas na die Arbeidsgerigte Fase waar 'n arbeidsteropeut hulle voorberei vir beskutte of beskermde arbeid. Daar word gepoog om so ver as moontlik die kurrikulum met drie leerprogramme te volg. Verder word praktiese vaardighede aangeleer. Vier groepe waar algemene handvaardigheid aangebied word en twee ander groepe waar kookkuns en papertegnologie aangebied word. Houtwerk en naaldwerk word ook aangebied. 'n Kruietuin is aangelê wat deur die leerders versorg moet word.

Werksvoorbereiding vir 16 - 18 jariges

Oorplasing
Oorplasing geskied volgens ouderdom, emosionele vaardighede en sosiale vaardighede na deeglike besinning deur al vyf leerkragte en arbeidsterapeut.

Na P5 word daar vir leerders wat die vereiste standaard bereik het, aansoek gedoen by ‘n skool soos Westcliff of De Grendel.

Die meeste leerders word oorgeplaas na die Werksvoorbereidingsgroep waar ‘n arbeidsterapeut hulle voorberei en gereed maak vir beskutte of beskermde arbeid na 18 jaar.

Tydsindeling
Daar is vier akademiese dae en een praktiese dag per week. Al die leerders in die praktiese klasse word vir praktiese sessies ingedeel volgens die vlak van hulle praktiese vaardighede.

Daar is tans (5)vyf groepe:
1. Groep 1 Algemene handvaardigheid en sosialisering
2. Groep 2 Algemene handvaardigheid en sosialisering
3. Groep 3 Algemene handvaardigheid en sosialisering
4. Groep 4 Kookkuns
5. Groep 5 Papiertegnologie