Kriteria vir toelating tot Praktiese Fase
Leerders wat serebraal, fisies sowel as intellektueel gestrem is.
Kurrikulum:
Aangesien daar nog geen Kurrikulum vir IG leerders is nie, word die hoofstroom kurrikulum aangepas om aan hierdie leerders se behoeftes te voldoen.
Die drie leerprogramme word gevolg nl. Geletterdheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede. ‘n Arbeidsterapeurt verleen hulp t.o.v. ADL (Aktiwiteite van die daaglikse lewe.)
Daar is vier akademiese dae en een praktiese dag per week. Leerders word aan die nodige en toepaslike praktiese vaardighede blootgestel vir verdere ontwikkeling. Dit sluit in algemene handvaardighede, verdere kreatiewe vaardighede soos bv. kralewerk, papier- en kaartjies maak, kookkuns en tuinwerk.
Leerders ontvang ook Rekenaaropleiding en TIPS (Terapeutiese Intervensie Program in Skole).
Klasgroepe:
Daar is nege klasgroepe waar ouderdomme wissel van 7 – 18 jaar.
By die Voorskoolse Fase is reeds ‘n groepie (Prakties Voorskool) wat die voorskoolse program volg. Die leerders word op ouderdom 8 jaar oorgeplaas na die Praktiese Fase.
Die leerders in die Praktiese Fase benodig baie individuele hulp. Opvoeders het ‘n klashulp in elke klas. Verskeie leerders het fasiliteerders wat deur die ouers vergoed word om die nodige hulp in die klas aan hierdie leerders te verleen.
Die meeste leerders ontvang Fisioterapie.
Tans is daar in die Praktiese Fase: 9 Opvoeders, 1 Assistent Opvoeder, 8 Klashulpe, 8 Fasiliteerders, 94 leerders.
Op 14 jarige ouderdom word daar vir leerders wat aan die nodige vereistes voldoen, aansoek gedoen om toelating tot Vaardigheidskole, soos bv. Westclilff.
Leerders wat die Arbeidsgerigte Fase bereik op die ouderdom van 16 jaar, word voorberei vir beskutte, beskermde of die ope arbeidsmark na 18 jarige ouderdom. ‘n Geintegreerde Leerprogram word gevolg t.o.v. Geletterdheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede. ‘n Arbeidsterapeut met ‘n opvoeder en arbeidsterapie assistent is vir hierdie groep verantwoordelik. Daar word ook aandag gegee aan vryetydsbesteding. Die ideaal is dat so veel as moontlik leerders in die ope arbeidsmark geplaas kan word. Hiervoor benodig ons die bereidwilligheid van sake ondernemings om leerders die nodige geleenthede te bied. Die Arbeidsterapeut doen “Jobseeking”, skakeling met besighede en plasing van leerders. Ouers moet ook betrokke wees by die hele proses.