Daar is ongeveer 70 leerders in hierdie groep wat in ses (6) klasgroepe ingedeel is.
Afrikaanse en Engelse leerders word sover moontlik in aparte klasse geakkommodeer
- Leerders met ernstige leesprobleme in die laaste twee fases word voorsien van vakinhoud op band.
- Leerders met ernstige skryf- en spelprobleme mag eksamens en toetse aflê deur hul antwoorde vir ‘n amanuensis te dikteer.
- Individuele rekenaars word voorsien vir fisies gestremde leerders met motoriese probleme waarop alle “skriftelike” take voltooi word.
‘n Taallaboratorium is ingerig waar leerders na hul werk op bande kan luister en self vraestelle op band kan beantwoord. Die gestremde leerders kan ook hier op rekenaars werk.