‘n Leerplek
Wat geleer moet word, word hier geleer, en wat voorheen mee ‘n bietjie gesukkel is om pad te vat en vol te hou, loop nou weer oor die voorste spoor. Soveel meer as gewone “leer”, kry hier
Paarl-Skool akkommodeer leerders vanaf 3 jarige ouderdom tot graad 9, ses praktiese klasse en ‘n werksvoorbereidingsgroep.
In alle afdelings word dieselfde kurrikulum as in hoofstroom-onderwys gevolg, maar kleiner klasgroepe verseker meer individuele aandag. Onderwysmetodes om spesifieke probleme in lees, spelling, skriftelike take (geletterdheid), handskrif (skryfvaardighede) en wiskunde (syferkundigheid) aan te spreek, word gebruik. Aanpassings / wysigings word dus vir leerders se spesiale onderrigbehoeftes gemaak. ‘n Totalitêre opvoedingsbenadering word nagestreef. ‘n Multidissiplinêre spanbenadering (opvoeders / terapeute / sielkundiges) word gevolg.
Die skool bestaan uit ‘n:
- Voorskoolse afdeling
- Grondslagfase
- Intermediêrefase
- Hoërskoolfase
- Praktiese klass