
Kyk, as mense sommer help omdat hulle wil help, sonder om twee keer op te kyk of vrae te vra, kry naasteliefde sy betekenis. Behalwe skool, terapie, onderdak-verskaf, pille-op-die-regte-tyd en bussievervoer is daar nog die hulp om mens te wees, deur dankbaar na Bo te lewe, en die lewe in sy volheid in te asem. |