Spraakterapie

Hoofdoelwite

  • Om leerders se kommunikasievermoë optimaal te ontwikkel.
  • Om skolastiese vordering te bewerkstellig.
  • Om die leerder voor te berei op die kommunikatiewe eise wat daar in alle situasies aan hulle gestel word.

Kandidate

Leerders met spraak-, taal en ouditiewe persepsie probleme.

  •  Individuele spraak-taalterapie wat fokus op:
    • Spraakprobleme soos apraksie, fonologiese ontwikkelingsagterstande, disartrie en ander artikulasieprobleme asook hakkel
    • Taalversteurings en taalagterstande wat ook afasie insluit
    • Die ontwikkeling en opskerping van ouditiewe persepsie
  • Gehoortoetsing, verwysing en rehabilitasie
  • Taalterapie in klein groepies om taaluitvalle en agterstande te remediëer.
  • Fonologiese bewustheidsprogram om ouditiewe vaardighede te stimuleer
  • Alternatiewe- en aanvullende kommunikasie
  • Voedingsterapie
  • Tuisprogramme

Evaluering

Die spraakterapeut maak deel uit van die multidissiplinêre span wat nuwe toelatings evalueer ten opsigte van:

  • Spraak en Taalontwikkeling
  • Ouditiewe persepsie
  • Gehoorskerpte en middel-oor funksie
  • Oraal-motoriese funksie