Sielkunde

Die skool beskik oor die dienste van twee skielkundiges

Die sielkundiges se taak behels die volgende:

  • Die hantering van aansoeke vir plasing by Paarl-skool. (Verwysingsprosedures: Die aansoek word geïnisieer deur die leerder se huidige skool, geprosesseer deur die skoolsieldkundige by die distrikskantoor en deur die WKOD hoofkantoor goedgekeur.  In die geval van voorskoolse leerders moet alle aansoeke deur die skoolsielkundige van die distrikskantoor in die geografiese gebied waar die leerder woon, geprosesseer voordat dit deur die WKOD hoofkantoor goedgekeur word.)
  • Die koördinering van die multi-dissiplinêre span wat leerders evalueer met die oog op geskikte plasing en intervensie.
  • Die emosionele en psigo-sosiale versorging van leerders.
  • Psigometriese toetsing.
  • Ouerleiding
  • Die jaarlikse opvolg van leerders d.m.v. spanbesprekings en oueronderhoude.
  • Die hantering van telefoniese navrae en begeleiding van besoekers aan die skool.
  • Vorm deel van die span wat Paarl-skool as bronnesentrum verteenwoordig (verskaf advies en riglyne aan skole, ouers, terapeute, opvoeders).