Hoofdoelwit
Om elke leerder se funksionele deelname aan alledaagse aktiwiteite, klasaktiwiteite, speletjies en sport optimaal te verbeter.
Kandidate
Leerders met fisiese gestremdhede, soos Serebraal- en Liggaamlike gestremdhede en sommige leerders met ontwikkelings koördinasie gebrek, bv. balans, koördinasie, motoriese en perseptuele probleme.
Terapeutiese intervensie
Dit word op die volgende wyses verleen. (‘n Kombinasie van hanterings wyses is ook moontlik):
- Individuele sessies (frekwensie word bepaal d.m.v. graad / erns van probleme.)
- Groepsessies (Leerders met soortgelyke uitvalle word saamgegroepeer. Maksimum in ‘n groep: 6)
- Spanbesprekings met onderwyspersoneel, ander terapeutiese dienste, ouers, koshuispersoneel, ens.
- Skakeling met Medici (bv. Ortopedie: chirurgie, spalke, hulpmiddels, ens).
- Tuisprogramme.
Fisioterapie – Tegnieke/Behandelinsmetodes
- Neuro-ontwikkelingsterapie (Serebraal gestremdes).
- Rehabilitasie (Liggaamlik gestremdes en ontwikkelings koördinasie gebrek).
- Elektroterapie nl. Laser, Ultraklank ens. (beserings, veltoestande, sirkulasieprobleme, ens.).
- Na-operatiewe fisioterapie.
- Respiratoriese fisioterapie (Longtoestande).
- Apparaat / Hulpmiddels / Spalke: Voorligting en toesighouding t.o.v. die korrekte dra en gebruik hiervan.
- Aanpassing van stoele vir korrekte sitposisies
Evaluering
- Die fisioterapeut maak deel uit van die multidissiplinêre evalueringspan wat alle nuwe leerders evalueer.
- Met toelating word ‘n meer volledige evaluasie uitgevoer.
- Leerders wat alreeds fisioterapie ontvang, word met gereelde tussenposes her-evalueer en die doelwitte en / of terapiemetodes word daarvolgens aangepas.
Ortopediese Klinieke
Leerders wat ortopediese aandag bv. spalke, hulpmiddels en/of chirurgie benodig, word deur die besoekende ortopediese chirurg en/of besoekende ortotis/prostotis gesien. Die ortopediese klinieke word een maal per maand deur die fisioterapeute gereël. Die betrokke fisioterapeut is ook teenwoordig gedurende hierdie konsultasies en waar moontlik ook die ouers van die betrokke leerder.
Skakeling met Medici (bv. Ortopedie: chirurgie, spalke, hulpmiddels, ens).
Skakeling met Medici (bv. Ortopedie: chirurgie, spalke, hulpmiddels, ens.)