‘n Helpplek
Kyk, as mense sommer help omdat hulle wil help, sonder om twee keer op te kyk of vrae te vra, kry naasteliefde sy betekenis. Behalwe skool, terapie, onderdak-verskaf, pille-op-die-regte-tyd en bussievervoer is daar nog die hulp om mens te wees, deur dankbaar na Bo te lewe, en die lewe in sy volheid in te asem.
Die volgende hulpdienste word vir die leerders van Paarl-Skool aangebied
- Arbeidsterapie
- Fisioterapie
- Leerondersteuning
- Mediese dienste
- Sielkunde
- Spraakterapie
- Emosionele versorging