Geskiedenis

Geskiedkundig Agtergrond

Die skool het op 18 Julie 1978 vir die eerste maal leerlinge toegelaat.

Dit was die vervulling van ‘n lang gekoesterde ideaal. Die eerste beskikbare notule van ‘n vergadering van die Komitee vir die Versorging van Serebraal-Kreupel Kinders , Paarl-tak, staan opgeteken onder die datum 24 Maart 1957 . Gedurende 1962 word deur die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan dr. P. du Toit destyds die sekretaris was, aanvaar dat daar ‘n behoefte vir die versorging van serebraal verlamdes bestaan. ‘n Komitee op breër grondslag is saamgestel en op 27 Oktober 1962 vergader die Paarlse Komitee vir Serebraal Verlamdes vir die eerste maal as ‘n onderkomitee van die Diens van Barmhartigheid.

Intussen is ‘n huis in Versterstraat, Paarl, sowel as 8,5 hektaar grond buite Paarl aan die komitee geskenk. ‘n Plaaslike komitee nl. die Paarlse Bestuurskomitee vir Serebraal Verlamdes onder voorsitterskap van dr. J. J. Sieberhagen is ook benoem en nou het fondsinsameling en onderhandelinge met die Departement van Nasionale Opvoeding in alle erns begin.

Dr. G.F.K. Carstens

Dr. G.F.K. Carstens

Uiteindelik in 1972 , onder voorsitterskap van Dr. G.F.K. Carstens is grond te Brackenfell aangekoop vir die bou van ‘n skool. Dit is op aanbeveling van die Departement van Nasionale Opvoeding gedoen aangesien ‘n skool soos hierdie naby ‘n ten volle toegeruste hospitaal moet wees. In hierdie geval Tygerberg Hospitaal. Nabyheid aan ‘n stedelike gebied is ook belangrik vir die werwing van gespesialiseerde personeel.

Aangesien persone in die Paarl die inisiatief geneem het en hul vir baie jare beywer het vir die daarstelling van so ‘n skool, is uit erkentlikheid besluit dat Paarl in die naam van die skool opgeneem word. Vandaar dus die naam Paarl-Skool , alhoewel die skool ongeveer halfpad tussen Paarl en Kaapstad, nl. te Brackenfell, geleë is.

Die skool is beplan vir 165 leerlinge met uitbreidings-moontlikhede. Die koshuis maak voorsiening vir ‘n totaal van 42 leerlinge, nl. 12 dogters en 30 seuns. Die hele kompleks het R2 miljoen gekos en is met behulp van ‘n staatslening gebou. Tans kan die skool ‘n maksimum van 350 leerders akkommodeer.

Hoofde tot Hede

Mnr Ellis R. Barker
Mnr Ellis R. Barker

18 Julie 1978 tot Desember 1995


Mnr Johan M. Basson

Julie 1996 tot hede

Skoollied

Ons is bly
Ons is bly
Daar’s ‘n skool in Brackenfell wat ons op die pad van grootword lei.
Ons kan leer, ons kan leef, ons kan groei en ons kan glo
Met ons voet op aard’ en ons oog na bo.
Ja, nog kosbaarder as al die pêrels is
Wat die Paarl-Skool vir kinders doen.
Ons wat glo en weet van Eén wat liefde is
Wil mekaar in liefde dra.
Ons wat glo en weet van Eén wat liefde is
Wil mekaar in liefde dra.

History

Historical Background

The school admitted it’s first learners on 18 July 1978.

It was the realization of a dream which started many years before when work started in Paarl for such a school. The first available minutes on a meeting by the committee for the care of Cerebral Palsied Children, Paarl Branch, is dated 24 March 1957. During 1962 the “Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid” of the Dutch Reformed Church, of which Dr. P du Toit was secretary, realized a need for the care of those with cerebral palsy. This resulted in the formation of a sub-committee of the “Diens van Barmhartigheid” on 2 October 1962 under the banner of “Paarlse Komitee vir Serebraal Verlamdes”.

In the interim a house in Verster Street, Paarl, as well as 8,5 hectares outside Paarl were donated to the committee. A local committee called the “Paarlse Bestuurskomitee vir Serebraal Verlamdes” was appointed under the chairmanship of Dr. J.J. Sieberhagen. Fundraising and negotiations with the Department of National Education began in earnest.

Dr. G.F.K. Carstens

Dr. G.F.K. Carstens

Eventually in 1972, under the chairmanship of Dr G.F.K. Carstens, land was purchased in Brackenfell for the building of the school. This was done under the recommendation of the Department of National Education as such a school needed to be close to a fully equipped hospital, in this case Tygerberg Hospital. Close proximity to an urban area is also important for the recruitment of specialized staff.

As the initiative and many years of striving for the establishment of such a school came from persons in Paarl, it was decided to name the school, Paarl School, in acknowledgement of their endeavor, although the school is actually situated between Paarl and Cape Town namely Brackenfell.

The school was planned for 165 learners with possibilities for expansion. The residences can accommodate up to 42 learners including 12 girls and 30 boys.

The entire complex cost R2 million and was purchased with the aid of a state loan. Currently the school can accommodate a maximum of 350 learners.

Principals to date

Mnr Ellis R. Barker
Mnr Ellis R. Barker

18 July 1978 until December 1995


Mnr Johan M. Basson

July 1996 to date

School Song

Let us sing
and rejoice
there’s a school in Brackenfell
starting us upon the road of life.
Where we live,
where we grow
and we have faith –
with our feet on earth, our eyes on High.
And more precious still than all the pearls there are,
Paarl School guides our steps with love and care.
We have faith in ONE who is love Himself,
also loving let us be.
We have faith in ONE who is love Himself,
also loving we shall be.