Leerders vanuit Graad 1 tot 3 word onderrig in Kunsvlyt wat die volgende modaliteite insluit:
papier-machéwerk, kleiwerk, modelle, maskers, kaartjies ens. Daar is ongeveer tien leerders in hierdie groep.
Die senior groep, leerders vanuit graad 4 tot graad 9, word onderrig in teorie en tegnieke van die skilderkuns en later ook beeldhoukuns.
Leerders se kunswerke was al op uitgestal, o.a. by die Baxter-teater, die Grahamstadse Kunstefees (in 1999 'n spesiale toekenning ontvang), ens.
Verder verfraai van die kunswerk die mure van die skool. |