Busse & Koshuise

Vervoer

Vyftien bussies vervoer daagliks ongeveer 170 leerders na en van die skool. Dit is hoofsaaklik die Noordelike voorstede van die Kaap wat gedek word.

Die bussiebestuurders bestaan uit enkele van die skool se personeel en ook ouers en mense uit die gemeenskap. Leerders wat nie op bussieroetes is nie, kan in die skool se koshuise geakkommodeer word.

Busroetes sluit in:

  • Brackenfell
  • Bellville
  • Parow
  • Goodwood
  • Monte Vista
  • Bothasig
  • Welgemoed
  • Eversdal
  • Durbanville
  • Kraaifontein
  • Kuilsrivier
  • Strand
  • Somerset-Wes
  • Stellenbosch
  • Paarl
  • Wellington

Akkommodasie

Paarl-Skool beskik oor ‘n seuns- en dogterskoshuis waar meestal leerders wat nie op ‘n busroete woon nie, versorg word tydens die week. Die koshuis is naweke gesluit.

In ‘n gestruktureerde omgewing word die leerders tydens studietye ondersteun deur onderwyspersoneel en terapeute. Hul spesifieke en individuele skolastiese uitvalle word dan aangespreek. Die geleentheid word tydens sekere studietye geskep om navorsing in die skool se Mediasentrum te doen en om projekte op die rekenaar te voltooi.

‘n Versorgende en ondersteunende koshuispersoneel, bestaande uit onderwyspersoneel, huismoeders en algemene assistente, sien om na die leerders se fisiese- en emosionele welstand. Drie geurige, gebalanseerde maaltye uit die groot kombuis word daagliks voorgesit. Toebroodjies word verder gedurende pouse en voor slaaptyd voorsien. Die koshuis is ook ingerig vir die was van die groot hoeveelheid wasgoed en vir die spesifieke versorging van serebraal- en fisiesgestremdes.

Die koshuis beskik oor sy eie ontspanningslokale:- ‘n TV. vertrek en speletjieskamer waar tieners o.a. snoeker kan speel en musiek kan luister. Gedurende die somermaande kan die leerders heerlik in die skool se groot swembad baljaar of na hartelus op die speelapparaat of grasperke van hul oortollige energie ontslae raak. Rolstoele kan op die talle geteerde areas rondbeweeg.

Voorskoolse tot Gr. 9 leerders vind steeds, soos altyd, ‘n liefdevolle tuiste in die Paarl-Skool Koshuis. Hierdie samesyn met mede-gestremdes en/of -leergestremdes bied die ideale geleentheid tot karakter -en selfbeeld vorming vir die leerders.

Transport & Hostels

Transport

Thirteen buses transport 170 learners daily to and from school. It is mostly the Northern Suburbs of the Cape that is covered. Bus drivers consist of a few teachers, parents and people from the community. Learners who do not live near a bus route are accommodated in the school’s residence.

Bus routes include:

  • Brackenfell
  • Bellville
  • Parow
  • Goodwood
  • Monte Vista
  • Bothasig
  • Welgemoed
  • Eversdal
  • Durbanville
  • Kraaifontein
  • Kuilsrivier
  • Strand
  • Somerset-Wes
  • Stellenbosch
  • Paarl
  • Wellington

Accommodation

Paarl School has hostel facilities for boys and girls who live outside our bus route areas. The hostel closes over week-ends.

In a structured study environment the learners are supported by teaching staff and therapists. Each learner’s specific and individual scholastic needs are addressed. During certain study times they also have an opportunity to do research and to complete projects on computer in the school’s Media Centre.

A caring and supportive hostel staff, consisting of teaching staff, hostel mothers and general assistants, take care of the learners’ physical and emotional well-being. Three balanced meals are prepared daily in the kitchen. Sandwiches are available during breaks and before bedtime. The hostel also has laundry facilities.

The hostel has various recreation rooms: a TV room and games room where e.g. teenagers can play pool or listen to music. During the summer months, learners can enjoy themselves in the school’s swimming pool or play on the lawns and playground apparatus. There are also tarmacs for the easy movement of wheelchairs.

The Paarl School hostel offers a loving and caring home for learners from pre-school to grade 9. This environment where physically and learning disabled children live together, provides them with an opportunity to develop character and self esteem.